ITAC stel opgeskorte anti-dumping heffings in teen invoere van aktiewe gis teen Lesaffre, ‘n Zimbabweaanse maatskappy
Hierdie ondersoek handel oor die beweerde dumping van aktiewe gis, spesifiek bakkersamegeperste gis, wat afkomstig is van of ingevoer word uit die Republiek van Zimbabwe (Zimbabwe). Die aansoeker is Rymco (Edms) Bpk., handelend as Anchor Yeast, die enigste vervaardiger van die betrokke produk binne die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU) streek.
Hersiening van die tariefstruktuur vir loodsuurbatterye (Afrikaans)
Die Internasionale Handelsadministrasiekommissie van Suid-Afrika (“ITAC” of “die Kommissie”) het in sy ITAC-verslag No. 491, ‘n verhoging van die doeaneregte op loodsuurbatterye van 5% ad valorem tot 15% ad valorem aanbeveel.